Bolandse Noointjie

JPGPDF

  • Tekst: Th. W. Jandrell
  • Muziek: Beautiful Dreamer, Stephen C. Foster (1826-1864)

1. Bolands Noointjie, stil is die nag
Soet sy jou ruste na lang, lange dag
Aans in my drome kom ek na jou
Smagtend na lonkies uit oë so blou
Berge en dale kan ons nooit skei
Want in die droomland ontmoet jy vir my.

Keerzang
Bolands Noointjie, stil is die nag
Kom in jou drome, o liefste ek wag. (bis)

2. Bolands Noointjie , sluimer nou sag
Ver in die droomland ontmoet ons vannag
Daar waar die blomme weelderig groei
Daar waar die strome sagmurmelend vloei.
Soos in vergange dae weleer
Troos ons mekander met soentjies so teer.

Andere partituren