Taraboemdery

JPGPDF

  • Tekst: Willem Jacobus du Plooy Erlank (Eitemal)
  • Muziek: Zweeds

1. Ta-ra-boem-de-ry, my vaalhaar-nooientjie,
ta-ra-boem-de-ry, o wees nie bang nie,
nee, o nee, o nee, dis nie meer lank nie,
dan is ek weer aan jou sy.
Ta-ra-boem-de-ry, ra-boem-de-ry, boem-de-ry,
ta-ra-boem-de-ry, ra-boem-de-ry, boem-de-ry.

2. Ta-ra-boem-de-ry, my vaalhaar-nooientjie,
ta-ra-boem-de-ry, hoor jy my sange?
Wee, o wee, o wee, die groot verlange!
Ag, hoe wreed dat ons moes skei!
Ta-ra-boem-de-ry, ra-boem-de-ry, boem-de-ry,
ta-ra-boem-de-ry, ra-boem-de-ry, boem-de-ry.

3. Ta-ra-boem-de-ry, my vaalhaar-nooientjie,
ta-ra-boem-de-ry, hoe lank die nagte?
Ja, o ja, o ja, dis ween en klagte!
Treur jy, liefling, ook oor my?
Ta-ra-boem-de-ry, ra-boem-de-ry, boem-de-ry,
ta-ra-boem-de-ry, ra-boem-de-ry, boem-de-ry.

4. Ta-ra-boem-de-ry, my vaalhaar-nooientjie,
ta-ra-boem-de-ry, verwag my môre.
Blye, blye dag, vergeet van sorge!
Tyd van skeiding is verby.