Gertjie

JPGPDF

  • Tekst: Onbekend
  • Muziek: Just before the battle, Mother, G.F. Root (1820-1895) in 1864

1. Wanneer kom ons troudag, Gertjie, Gertjie?
Hoe's dit dan so stil met jou?
Ons is so lank verloof al, Gertjie, Gertjie;
dit is tyd dat ons gaan trou.

Refrein

Glo tog, Gertjie, ek sal nooit nie, nooit nie
nog langer aan jou sleeptou bly nie, bly nie.
Jy dink miskien ek kan nie dood nie, dood nie;
maar my jare gaan verby.

2. 'k Hoor jy is verlief op Sarie, Sarie;
maar die pret moet jy laat staan!
O, pas maar op vir Piet en Danie, Danie,
hulle kan jou sommer slaan.

3. Glo tog, Gertjie, ek sal nooit nie, nooit nie
nog langer aan jou sleeptou bly nie, bly nie.
Jy dink miskien ek kan nie dood nie, dood nie;
maar my jare gaan verby.

4. Gertjie, as ons Sondags kuier, kuier
agter om die kop verby,
dan sê ek: Nonnie lig jou sluier, sluier,
kom en gee 'n soen vir my.

5. Glo tog, Gertjie, ek sal nooit nie, nooit nie
nog langer aan jou sleeptou bly nie, bly nie.
Jy dink miskien ek kan nie dood nie, dood nie;
maar my jare gaan verby.

6. Jannie, al die soentjies help nie, help nie;
kyk vir Pieter en vir Griet:
vandag wil hul mekaar nie hê nie, hê nie;
al die soentjie was verniet.

7. Glo tog, Gertjie, ek sal nooit nie, nooit nie
nog langer aan jou sleeptou bly nie, bly nie.
Jy dink miskien ek kan nie dood nie, dood nie;
maar my jare gaan verby.

8. Jan, laat staan die pret maar liewer, liewer,
ons moet maar die soen laat bly;
ek volg my eie paadjie liewer, liewer;
Jy kan dan na Sarie vry.

9. Glo tog, Gertjie, ek sal nooit nie, nooit nie
nog langer aan jou sleeptou bly nie, bly nie.
Jy dink miskien ek kan nie dood nie, dood nie;
maar my jare gaan verby.