Mamma, ´k wil ´n man hê

JPGPDF

  • Tekst: Onbekend
  • Muziek: Onbekend

1. Mamma, 'k wil 'n man hê!
Watter man, my liewe kind?
Wil jy dan 'n Fransman hê?
Nee, mamma, nee!
'n Franseman die wil ek nie,
want parlez-vous verstaan ek nie;
dit is my plesier,
met die Boerjongkêrels hier!

2. Mamma, 'k wil 'n man hê!
Watter man, my liewe kind?
Wil jy dan 'n Hollander hê?
Nee, mamma, nee!
'n Hollander die wil ek nie,
want klompe dra--dit sal ek nie;
dit is my plesier,
met die Boerjongkêrels hier!

3. Mamma, 'k wil 'n man hê!
Watter man, my liewe kind?
Wil jy dan 'n Duitser hê?
Nee, mamma, nee!
'n Duitserman die wil ek nie,
want Schweinefleisch--dit lus ek nie;
dit is my plesier,
met die Boerjongkêrels hier!

4. Mamma, 'k wil 'n man hê!
Watter man, my liewe kind?
Wil jy dan 'n Boerseun hê?
Ja, mamma, ja!
'n Boereman die wil ek hê,
in 'n Boer se arme wil ek lê;
dit is my plesier,
met die Boerjongkêrels hier!